Aboe Bakr أبو بكر الصديق | |
---|---|
Kalief van die Rasjidoen-kalifaat | |
Aboe Bakr As-Siddiq (أبو بكر الصديق)
| |
Volle naam | Aboe Bakr (أبو بكر الصديق) |
Titels | Opvolger van die boodskapper |
Regeer | 8 Junie 632 – 23 Augustus 634 |
Voorganger | Mohammed (as profeet en stigter van die Islam) |
Opvolger | Omar |
Gebore | ca. Oktober 573; Mekka, Arabië |
Oorlede | 23 Augustus 634; Medina, Arabië |
Begrawe | Al-Masjid an-Nabawi, Medina |
Eggenote |
|
Kinders | Seuns
Dogters
|
Vader | Oethman Aboe Quhafa |
Moeder | Salma Umm-ul-Khair |
Broers |
|
Susters |
|
Afstammelinge | Siddiqui |
Aboe Bakr As-Siddiq (Arabies: أبو بكر الصديق; omstreeks 573 – 634)[1] was die eerste "reggeleide" kalief van Islam (632–634).[2] Hy was Mohammed se skoonpa, een van sy naaste metgeselle en raadgewers. As eerste kalief het hy die Profeet se politieke en administratiewe funksies ná sy dood oorgeneem en so die eerste kalifaat gestig.[3] Hy was blykbaar die eerste manlike bekeerling tot Islam.[3][4] Mohammed het hom die titel as-Siddiq, "die waarheidsliewende", gegee danksy sy vermoë om die waarheid te onderskei.[5][6]